Die beste manier om verjaarsdae in winter te vier



Wanneer mens verjaar en vriende of familie nooi vir ‘n feestelike geleentheid wil mens nie regtig in jou huis onthaal nie.  Om almal sitplek binne te gee veral as spasie dit nie toelaat nie kan nogal in ‘n kopseer ontaard.  En as dit nie genoeg is nie, is daar ook nog dele in die land wat buiten die koue ook nat reëndae meebring.   

Dis soms goor vir ons mense wat in die winter verjaar omdat dit baie idees of geleenthede inperk wat somerverjaarsdae mense soveel meer pret kan besorg. Vir volwassenes is dit nie regtig so groot probleem nie maar as dit kom by kinders kan hierdie nogal ‘n groot issue wees wat partytjie idees moeilik maak.
Een opsie is, wanneer daar meer as een persoon in wintermaande naby mekaar verjaar om dit in een groot geleentheid te omskep. Maar vir kinders is hierdie natuurlik ‘n “no go zone” hulle soek elkeen hul eie oomblik van glorie.

Daar is nogal baie webwerwe wat goeie idees gee op kinderpartytjies en wat selfs ook die temas se benodighede verskaf http://www.partynet.co.za/party/birthday-parties/girls-birthday

En natuurlik bied African Cupcake ook pakette aan met:
Partytjiepakkies volgens tema of kleurskema
Cupcake versiering partytjie bokse
Koekie versiering partytjie bokse


Neem die weer in ag!


Somerverjaarsdae het al klaar die voordeel van lekker weer wat ‘n pluspunt is. Maar tog moet in gedagte gehou word dat ‘n groot deel van Suid-Afrika in die somer reën kry, wat kan veroorsaak dat die beste buite party kan ontaard in ‘n nat, vaal geleentheid. 

Baie mense wat kinderpartytjies reël in wintermaande voel alreeds beroof van ‘n lieflike tuin of swembad wat tot voordeel is van die wat in warm weer verjaar.  Maar met ‘n bietjie beplanning kan ‘n wintergeselligheid omskep word in iets feestelik.  ….

‘n  Winter Wonderland
Winter mag miskien grys, koud en dood wees maar dit is ook ‘n tyd van oprol in snoesigheid met die son wat vroeg sak en liggies of kerse in enige kleure warmte kan bied aan ‘n donker, koue aand.  Wie hou nie van die glinster van liggies of kaggelvuur nie? ‘n Winter wonderland tema is ‘n goeie manier om hierdie hele gevoel van flikkering tot voordeel te kan gebruik. Omskep ‘n vertrek in ‘n “Frozen Disney”   sprokie met ‘n DVD wat die aand in ‘n lekker noot kan afsluit.   

http://www.orlandofamilymagazine.com/camps-guides/virtual-party-guide/party-dreamz

Gebruik Suid-Afrika tot jou voordeel
Ons leef in ‘n land wat geseën is met groot moonthede en hoekom dit nie tot ons voordeel gebruik nie. As jou kind of self die volwasse ‘n partytjie by ‘n swembad wil hê, is daar niks wat jou keer om die warmwaterbronne te gebruik en nie ‘n lekker dagrit te maak daarvan nie. Maak die getalle kleiner en neem net ‘n paar vriende saam en geniet ‘n dag in warmwaters, waar stoom die koue verdryf en stomende waters die pyne genees. Wat ‘n fees vir die kinders!

www.atkvresorts.co.za

Partytjies in die huis
Die enigste manier om kinders besig te hou wanneer dit kom by binnenhuise partytjies is om speletjies aan te bied wat die kinders vir ure besig kan hou. Hier is ‘n webwerf wat wonderlike idees gee http://www.activityvillage.co.uk/indoor-party-games
 
ablueskyblog.com

Huur ‘n lokaal “Venue”
Om ‘n plek te huur wat vermaak aanbied kan ook ‘n goeie manier wees om ‘n winter partytjie in ‘n feesgeleentheid te omskep.  Hierdie plekke bied altyd ruimte waar kinders nie ingeperk voel nie. Daar is ook baie talentvolle vermaak kunstenaar daar buite wat spesialiseer om kinders ‘n paar uur van pret te waarborg.  Span die internet in tot jou soektog na hierdie verskaffers. 
Kinderpartytjies of self die vir volwassenes hoef nie in die winter vaal en droog te wees nie en kan ook omskep word in iets wat vir altyd onthou sal word.
www.weekendnotes.com
Wat sal jy beplan vir jou winter feesvieringe?

No comments:

Post a Comment